top of page

Paul Kruger en kie is toegang tot die Potch-kampus geweier

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • Sep 27
  • 1 min read

Die replika van die Paul Kruger-standbeeld, wat oppad is Orania toe, het voor dooimandsdeur by die Noordwes-Universiteit (NWU) se Potchefstroomkampus te staan gekom.


Die toergroep is Vrydag hier toegang geweier, en die erfenisprogram wat Saterdag daar aangebied sou word, het gevolglik nie plaasgevind nie.


Dit kom in dieselfde tyd wat die Paul Kruger-standbeeldgroep op Kerkplein op die dorp deur vandale beskadig is.


Maroela Media berig die bedryfshoof van media, bemarking en kommunikasie van die FAK, Dawid Brand, sê die reis is bedoel as ʼn fees van herinnering en hernieude verbintenis tot ons erfenis.


Die NWU voer aan die regte prosesse is nie gevolg nie, maar Brand sê die FAK het vooraf met die universiteit se bestuur gereël om die standbeeld vir ʼn tyd lank voor die regsfakulteit te parkeer en die erfenisprogram daar aan te bied.


In teenstelling hiermee, is die prosessie Donderdag met ʼn heldeontvangs in Rustenburg begroet.


Die toer vorm deel van die aanloop tot die Paul Kruger 200-feesvieringe in Oktober in Orania en het vroeg Donderdagoggend uit Pretoria vertrek.


Die Paul Kruger-standbeeld met sy vertrek uit Pretoria. FOTO: Maroela Media
Die Paul Kruger-standbeeld met sy vertrek uit Pretoria. FOTO: Maroela Media

 
 
 

Comments


bottom of page