top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Pellissier-gemeenskapslede help die DBV

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • 6 days ago
  • 1 min read

Gemeenskapslede van Pellissier in Bloemfontein het hande gevat en meer as 240 kg troeteldierkos aan die Dierebeskermingsvereniging geskenk.


Ansie Botha sê aan Rosestad-nuus nadat hulle ander liefdadigheidsorganisasies ook gehelp het, sy hierdie keer 'n bydrae vir die diere wou maak. Sy het toe besluit om met die DBV kontak te maak.


Botha het haar daarna tot die gemeenskap gewend en deur middel van 'n WhatsApp-groep gevra vir vrywillige skenkings van troeteldierkos.


Die skenkings is by die Pellissier-apteek afgelaai, waarna Botha dit Dinsdag na die DBV geneem het.


Botha sê sy het hard gebid oor die saak, en voeg by daar sal nog sulke inisiatiewe in die toekoms wees.


LUISTER HIER:


Ansie Botha

Sarita Louw van die DBV, Ansie Botha, en 'n verteenwoordiger van die DA met Mickey, wat vir aanneming beskikbaar is. FOTO: Verskaf
Sarita Louw van die DBV, Ansie Botha, en 'n verteenwoordiger van die DA met Mickey, wat vir aanneming beskikbaar is. FOTO: Verskaf

 
 
 

Comments


bottom of page