top of page

Pelonomi-hospitaal word vir mediese nalatigheid ondersoek

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Jan 7
  • 1 min read

Die African Transformation Movement (ATM) vra vir onmiddellike optrede van die Vrystaatse gesondheidsdepartement, na aanleiding van 'n saak van beweerde mediese nalatigheid by die Pelonomi-hospitaal in Bloemfontein. Eyewitness News berig dit volg ná 'n voorval waar 'n vrou vir 'n histerektomie by die fasiliteit opgeneem is en nou lewensgevaarlike mediese komplikasies verduur. Volgens die ATM is Ntswaki Mafrika deur personeel by die Pelonomi-hospitaal mishandel en is haar blaas beskadig nadat ‘n depper in die wond agter gelaat is. ATM-woordvoerder, Zama Ntshona, sê die party vra vir ‘n deeglike ondersoek na die saak en dat Mafrika vir die nalatigheid vergoed word. LUISTER HIER:

 
 
 

Comments


bottom of page