Pelonomi spog met nuwe hysbakke
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- 2 days ago
- 1 min read
Die Pelonomi Tersiêre Hospitaal in Bloemfontein het hulle hul eerste twee moderne hysbakke amptelik in gebruik geneem.
Luidens ‘n mediaverklaring van die Vrystaatse Departement van Gesondheidskommunikasiedienste is die hysbakke die begin van die volgehoue verbetering van dienslewering.
Volgens die hoof van kliniese dienste, Mojalefa Maseloa, verbind die hysbakke agt verdiepings van die hospitaal.
Dit sal die beweging van pasiënte na operasies en mense wat rolstoele gebruik of met beperkte mobiliteit ondersteun.
Die hysbakke verbind ook lesingsale, konferensiekamers, dokterskantore en personeelkamers.
Ook sal toegang tot die kantoor op die tweede verdieping vir die registrasie van ‘n oorledene sal makliker vir bedroefde families wees.
Verder sal personeel medikasie en maaltye veiliger kan vervoer.






Comments