top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Pelonomi pak chirurgiese agterstand aan

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • Jun 8
  • 1 min read

'n Spesiale ortopediese veldtog begin Maandag by die Pelonomi Tersiêre Hospitaal in Bloemfontein om wagtye vir operasies te verminder.


Die Vrystaatse Departement van Gesondheid beoog om 400 ortopediese operasies oor die volgende drie maande uit te voer deur ekstra operasieteatertyd beskikbaar te stel en bykomende mediese spanne in te span.


Volgens die departement sal teaterspanne gemiddeld vyf tot sewe ortopediese operasies per dag voltooi.


Hulle voeg by skedulering sal gelei word deur kliniese dringendheid, met eerste prioriteit vir kinders en studente, sowel as pasiënte wat van buite Bloemfontein reis.


Pasiënte wat reeds vir ortopediese chirurgie geregistreer is, sal direk gekontak word met hul operasiedatums en verdere instruksies.


FOTO: Placementpal
FOTO: Placementpal

 
 
 

Comments


bottom of page