top of page

Pelonomi se kraamsaalprojek is vertraag

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • 2h
  • 1 min read

Die uitbreiding van die kraamsaal by Pelonomi Tersiêre Hospitaal in Bloemfontein is vertraag.


Die projek sal nou eers in November voltooi wees, en nie in Julie soos beplan nie.


Volgens die Vrystaatse Departement van Gesondheid se sosiale media is die vertragings te wyte aan probleme met subkontrakteurs, asook uitdagings met meganiese ingenieurswerk, insluitend die installering van gaspype en ander plafonwerk.


Die departement het intussen kontrakteurs opdrag gegee om die agterstand dringend in te haal en beklemtoon dat die nuwe sperdatum nie aanvaarbaar is nie.


Daar is aangedui dat werk dag en nag moet voortgaan om die projek so gou moontlik te voltooi.


Verpligte terreinvergaderings sal ook nou tweeweekliks plaasvind om vordering te monitor.


FOTO: Facebook
FOTO: Facebook

Comments


bottom of page