top of page

Pelonomi vra die Menseregtekommissie om hulp

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Aug 12, 2025
  • 1 min read

Die bestuur van Pelonomi-hospitaal in Bloemfontein het die Menseregtekommissie (MRK) versoek om te help om die probleme by die hospitaal op te los.

So lui 'n verslag wat deur die MRK uitgereik is nadat die DA in 2022 klagtes oor die hospitaal ingedien het.

Vyf senior poste is steeds nie gevul nie en die departement het ook nie begroot om dié poste binnekort te vul nie. Volksblad berig die MRK het voorts bevind die hospitaal is ver bo 100% van sy kapasiteit wat neonatale en obstetriese sorg betref.

Pelonomi word ook deur pasiënte oorval nadat die Nasionale Nospitaal in die stad sy noodeenheid moes sluit. Daar is ook aan die MRK gesê daar is nie aparte sale vir psigiatrie-pasiënte nie, wat moontlike gevaar vir ander pasiënte inhou.

'n MRK-kommissaris, Henk Boshoff, sê hy sal die probleme met die betrokke minister opneem.

 
 
 

Comments


bottom of page