Pensioenarisse moet bewys van lewe indien
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- 5 days ago
- 1 min read
Sekere pensioenarisse en begunstigdes van die Vergoedingsfonds wat binne en buite Suid-Afrika woon, moet teen 30 September bewys van lewe indien om hul maandelikse betalings te bly ontvang.
Dit geld vir beseerde werkers wat ongeskiktheidspensioene ontvang, afhanklikes van oorlede pensioenarisse en voogde wat betalings namens kinders ontvang.
Betalings sal opgeskort word indien die vereiste dokumente nie teen die sperdatum ingedien word nie.
Indien bewys van lewe nie teen 31 Maart 2027 ontvang word nie, sal die betalings beëindig word.








Comments