top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

PERDEWEDRENNE: Eight on Eighteen kan geskiedenis maak by Durban July

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Jul 4, 2025
  • 1 min read

Die driejarige hings Eight On Eighteen  kan Saterdag geskiedenis maak as hy die 129ste uitgawe van die Durban July by die Greyville-perdewedrenbaan kan wen. Richard Fourie sal diè hings se jokkie wees en indien diè duo wen sal Eight On Eighteen die eerste driejarige hings wees om die July en Cape Met in dieselfde jaar te wen. Eight on Eighteen sal egter op die uitkyk moet wees vir verlede jaar se wenner Oriental Charm  terwyl  My Best Shot ook heelwat belangstelling lok. Die enigste merrievul is Rainbow Lorikeet en word deur Candice Bass-Robinson afgerig. Diè spog-resies wat die koppe met die jongste mode-uitrustings gaan laat draai spog met ’n totale prysgeld van R5 miljoen word oor 2200 m gehardloop. Die wegspringtyd is 16:00.

 
 
 

Comments


bottom of page