Personeel van 'n Vrystaatse kliniek word glo deur 'n pasiënt aangerand
- Saamgestel deur Ilde Roos

- Jan 19
- 1 min read
'n Misverstand het daartoe gelei dat 'n pasiënt van die Thabong-kliniek in die Vrystaat na bewering twee kliniekpersoneellede aangerand het.
Die voorval het ontstaan tydens ‘n roetine-biometrie- en lêeruitreikingsproses. Die pasiënt het aggressief geraak en ‘n amptenaar, wat vir die uitreiking van lêers verantwoordelik was, glo fisies aangerand en later die kliniekbestuurder, wat probeer het om in te gryp en die saak op te los, ook na bewering aangerand.
‘n Saak is by die Thabong-polisiestasie aanhangig gemaak, en die verdagte is in hegtenis geneem en van aanranding aangekla. Die beskuldigde is later op waarskuwing vrygelaat, en die eerste hofverskyning is vir 26 Januarie geskeduleer.
Die Vrystaatse Departement van Gesondheid veroordeel die insident, en sê dat hulle ‘n deeglike ondersoek na die saak sal doen en maatreëls sal ondersoek om soortgelyke voorvalle in die toekoms te voorkom.







Comments