Pesa Pheko se lewe word by Pacofs gevier
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Mar 5, 2025
- 1 min read
Die lewe van Pesa Pheko word op 11 Maart by die Botchabelo Sechaba Mahobe-biblioteek en op 12 Maart by die Sand Du Plessis-teater, Pacofs, in Bloemfontein gevier. Die veelsydige kunstenaar en leier in die Vrystaatse kuns- en kultuurwêreld sal op 14 Maart in Botchabelo ter ruste gelê word. Rosestad-nuus het vroeër berig DNS-toetsresultate het bevestig dat die verbrande liggaam wat in Dealesville gevind is, die van die eers-vermiste Pheko is. Sy vrou, Nombulelo Pheko, en Dlamini Rasasoeu wat aanvanklik vir sameswering om moord te pleeg in hegtenis geneem is, staan nou op aanklagte van moord tereg.







Comments