top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Pesa Pheko se vrou binnekort terug in hof

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Mar 24, 2025
  • 1 min read

Die 34-jarige kunstenaar Pesa Pheko se vrou, Nombulelo Pheko, en haar kêrel, die 39-jarige Motlatsi Ramosoeu, sal na verwagting weer in die Botshabelo-landdroshof verskyn. Free State World berig die twee is aanvanklik vir die sameswering om moord te pleeg in hegtenis geneem, maar hulle sal Dinsdag in die hof op aanklagte van moord tereg staan. Rosestad-nuus het vroeër berig Pesa se familie het hom by die Botshabelo-polisiekantoor as vermis aangemeld. Intussen het DNS-toetsresultate bewys dat die gebrande liggaam wat in Dealsville gevind is, die van Pesa Pheko is. Die veelsydige kunstenaar en leier in die Vrystaatse kuns- en kultuurwêreld is vroeër die maand in Botchabelo ter ruste gelê.

 
 
 

Comments


bottom of page