top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Petisie teen Eskom-tariefverhogings staan op meer as 120 000

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Oct 29, 2024
1 min read

Terwyl die land meer as 200 dae sonder beurtkrag vier, het die Demokratiese Alliansie (DA) se petisie teen Eskom se voorgestelde tariefverhogings reeds meer as 120 000 handtekeninge gekry. The Citizen berig dat die Nasionale Energiereguleerder van Suid-Afrika (Nersa) verlede maand Eskom se meerjarige inkomste-aansoek gepubliseer het, wat 'n tariefverhoging van ongeveer 36% vir direkte kliënte volgende jaar insluit. DA-woordvoerder oor energie, Kevin Mileham, sê dat die boodskap van Suid-Afrikaners duidelik is: hulle sal nie ’n toekoms aanvaar waar elektrisiteit onbetaalbaar is vir die gemiddelde huishouding nie.

 
 
 

Comments


bottom of page