top of page

Petrolpryse kan dalk daal

  • Writer: Nadia Pieters
    Nadia Pieters
  • Oct 15
  • 1 min read

Motoriste kan November die grootste daling in petrolpryse in sewe maande sien indien die huidige tendense voortduur.


Volgens die Sentrale Energiefonds toon die middel-maand-syfers ’n oorverhaling van 58c per liter op 95-oktaan petrol en 61c per liter op 93-oktaan.


Daar is ook ’n oorverhaling van 25c per liter op alle dieselgrade en 11c per liter op paraffien.


Alhoewel dit ‘n potensiële daling toon, hang dit af van die rand, wat gister nog op die agtervoet was in vergelyking met verlede week se laagtepunte.


Ter illustrasie. FOTO: Pexels
Ter illustrasie. FOTO: Pexels


Comments


bottom of page