Phala Phala: Die parlement moet Ramaphosa vervolgingsproses hervat
- Saamgestel deur Ilde Roos

- May 8
- 1 min read
Die Konstitusionele Hof het beslis dat die parlement die vervolgingsproses rakende president Cyril Ramaphosa se Phala Phala-saak moet hervat.
Die hof het bevind dat die reël wat die Nasionale Vergadering toegelaat het om te stem oor verdere optrede ná die onafhanklike paneelverslag, ongeldig en ongrondwetlik is. Die uitspraak beteken dat die Phala Phala-verslag oor Ramaphosa nou na ’n vervolgingskomitee verwys moet word.
Intussen het hoofregter Mandisa Maya aan die begin van vanoggend se sitting om verskoning gevra vir die vertraging in die lewering van die uitspraak.
LUISTER HIER:
Mandisa Maya








Comments