Phala Phala: Uitspraak word in November gelewer
- Saamgestel deur Ilde Roos

- Aug 6
- 1 min read
Uitspraak in die Phala Phala-plaasdiefstalsaak sal op 2 November in die Modimolle-streekhof in Limpopo gelewer word.
Die verdediging en die staat het hul slotbetoë in die saak afgehandel.
SABC News berig die beskuldigdes, Imanuwela David en die Joseph-sibbe, Froliana en Ndilinasho, staan tereg vir die diefstal van $580 000 van president Cyril Ramaphosa se plaas naby Bela-Bela in Februarie 2020.
Froliana, 'n voormalige huiswerker op die plaas, word daarvan verdink dat sy die ander beskuldigdes ingelig het oor die buitelandse valuta wat in 'n bank versteek was.
Een van die verdedigingsadvokate, Relleng Masipa, het aangevoer dat Froliana nie op die dag van die diefstal in die omgewing van die plaas was nie.








Comments