top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Phelophepa-trein veilig in Bethlehem

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • May 1, 2025
  • 1 min read

Die mobiele gesondsheids-trein, Transnet Phelophepa, het veilig by die Bethlehem treinstasie aangekom. Dit nadat Rosestad-nuus vroeër berig het dat die besoek weens stortreën in die Vrystaat uitgestel is. Die Vrystaatse gesondheidswoordvoerder, Mondli Mvambi, sê in ‘n kennisgewing die dienste sal van 1 tot 9 Mei hervat word. Volgens een van die wêreld se grootste biotegnologiemaatskappye, Roche, is die treine ‘n gratis, mobiele gesondheidsorgklinieke wat na landelike gebiede in Suid-Afrika reis, waar daar net een dokter vir elke 5 000 pasiënte is. Phelophepa beteken "goeie, skoon gesondheid" met Roche wat die projek se hoof eksterne borg sedert die eerste treinreis in 1994 is.

 
 
 

Comments


bottom of page