Piet Bester se moordbeskuldigde verskyn voor die hof
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Sep 18
- 1 min read
Die voormalige Vrystaat- en Griekwas-rugbyspeler en afgetrede landdros, Piet Bester, se moordbeskuldigde, Leticia Adams, het vir die eerste keer vir ’n voorverhoor in die hooggeregshof in Bloemfontein verskyn.
Dit nadat haar voorverhoor vroeër in haar afwesigheid uitgestel nadat die owerhede haar nie betyds na die hof gebring het nie.
Netwerk24 berig Adams en Jan Bangile Dael, haar medebeskuldigde, se verhoor is tot laat Oktober uitgestel.
Adams en Dael se verskyning spruit uit die moord op 11 Januarie op Bester op sy kleinhoewe, Wag-’n-Bietjie, naby Glen in die Bloemfontein-distrik.
Die twee staan elk tereg op ’n aanklag van moord, twee aanklagte van diefstal, asook twee aanklagte van dwarsboming van die gereg.





Comments