Piet Bester se self-erkende moordenaar is gevonnis
- Saamgestel deur Ilde Roos

- 3 hours ago
- 1 min read
Die tuinwerker wat skuldig gepleit het op die moord op oud-landdros en voormalige Vrystaat- en Griekwas-rugbyspeler, Piet Bester, is tot 22 jaar direkte gevangenisstraf gevonnis.
Maroela Media berig Bangile Dael het Dinsdag in die hooggeregshof in Bloemfontein vir vonnisoplegging verskyn. Bester is in Januarie verlede jaar op sy kleinhoewe in die Glen-gebied buite Bloemfontein vermoor.
Die NVG se Vrystaatse woordvoerder, Mojalefa Senokoatsane, sê Dael se vrou, Leticia Adams, wat aanvanklik as medepligtige aangekla is, het tydens die aanval probeer ingryp. Hy sê bewyse het getoon dat sy gepoog het om tussenbeide te tree, maar sy is met geweld weggehou.
Weens onvoldoende bewyse wat haar direk aan die misdaad verbind, is die aanklagte teen haar later teruggetrek.




Comments