top of page

Pikkewyn-paartjie vier 'n dekade saam

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Jun 28
  • 1 min read

Liefde is in die lug vir twee pikkewyne, wat hul tiende herdenking saam vier.

Twee mannetjies-pikkewyne, Diego en Zorro, het mekaar die eerste keer in Bournemouth Oseanariumin Julie 2015 ontmoet.

Die BBC berig dié toeriste-aantreklikheid spesialiseer in die bewaring van die Suid-Amerikaanse Humboldt-pikkewyne en hul maats om bedreigde spesies te help.

Volgens hul bewaarder, Amber Cookson, was ‘n vonk tussen tussen Diego en Zorro duidelik sigbaar, en hulle het begin vlerk sleep.

Dit het ontwikkel in ‘n wonderlike, langdurige vriendskap en hulle was deur die jare al pleeg-ouers vir baie klein pikkewyntjies.

Cookson sê die pikkewyne kan kies met wie hulle hul tyd wil spandeer, en dié twee het mekaar gekies.

 
 
 

Comments


bottom of page