top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Plaagdoder is die oorsaak van leerlinge se sterftes

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Oct 28, 2024
1 min read

Forensiese toetse het aan die lig gebring dat die ses kinders van Naledi, Soweto, wat as gevolg van voedselvergiftiging oorlede is, deur ‘n hoogs giftige organofosfaat genaamd terbufos veroorsaak is. Daily Maverick berig dat die bron van die vergiftigings nog ondersoek word. Sowat 80 gesondheidsinspekteurs onder toesig van kundiges van die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes, het verlede week in ‘n soektog na die chemise middel, spaza-winkels in Soweto besoek. Terwyl organofosfaat in die liggame van hierdie kinders gevind is, word daar nog gewag om te sien of dit dieselfde organofosfaat is wat in die spaza-winkels gevind is. ‘n Pakkie skyfies wat in die sak een van kinders gevind is, het wel negatief vir die organofosfaat getoets.

 
 
 

Comments


bottom of page