Plaas-eienaars gee hulself oor ná ‘n dwelmlaboratorium ontdek is
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- 2 days ago
- 1 min read
Die eienaars van ’n plaas in die Swartruggens-distrik het hulself aan die polisie oorgegee nadat ’n onwettige dwelmvervaardigingslaboratorium vroeër die maand op die plaas ontdek is.
Volgens Parys Gazette staan hulle nou saam met 11 ander beskuldigdes tereg op aanklagte wat verband hou met die vervaardiging van onwettige dwelms, die besit van gevaarlike chemikalieë en die onwettige besit van edelmetale.
Polisiebeamptes het sowat 481kg metamfetamien, groot hoeveelhede chemikalieë en drie vuurwapens gekonfiskeer.
Die beraamde waarde van die dwelmlaboratorium oorskry een miljard rand.
Voorlopige ondersoeke dui ook daarop dat dit die vierde dwelmlaboratorium in Suid-Afrika is met beweerde Mexikaanse bande.








Comments