top of page

‘Plaasaanvalle is nie gewone misdade nie’

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Jul 29, 2025
  • 1 min read

‘n Afvaardiging van die Amerikaanse Departement van Buitelandse Sake se Buro vir Demokrasie, Menseregte en Arbeid het pas, met ’n somber bevinding oor plaasaanvalle, teruggekeer van ’n besoek aan Suid-Afrika. Maroela Media berig die afvaardiging het bevind dat plaasaanvalle nie gewone misdade is nie. Hulle het ook bevind dat landelike aanvalle – veral op plase – ʼn duidelike, grusame patroon toon. Die amptenare het Suid-Afrika onlangs en skynbaar stil-stil in opdrag van pres. Donald Trump besoek om meer uit te vind oor plaasaanvalle asook bewerings van die ineenstorting van die oppergesag van die reg in Suid-Afrika. Daar is onder meer bevind dat die slagoffers van plaasaanvalle meestal bejaard en geïsoleerd is. Die afvaardiging het ook kennis geneem van die Suid-Afrikaanse Polisiediens se soms trae reaksie op sommige van hierdie voorvalle.

 
 
 

Comments


bottom of page