top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Plaaslike TB-studie verander wêreldwye behandeling

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • 1 hour ago
  • 1 min read

'n Suid-Afrikaanse tuberkulose-studie het gehelp om wêreldwye behandeling vir middelweerstandige TB te verander.


Die bevindinge van die BEAT Tuberculosis-proef is in die New England Journal of Medicine gepubliseer.


Die ses maande lange studie is deur die Wits Universiteit saam met die Nasionale Departement van Gesondheid gelei en het meer as 400 deelnemers in die Oos-Kaap en KwaZulu-Natal betrek.


Navorsers sê die resultate het die Wêreldgesondheidsorganisasie se behandelingsriglyne beïnvloed, insluitend dié vir swanger vroue en kinders.


Die nuwe behandeling word reeds regoor Suid-Afrika ingestel.


Ter illustrsie. FOTO: Unsplash
Ter illustrsie. FOTO: Unsplash

 
 
 

Comments


bottom of page