Planne om werk te skep 'kom teen ‘n koste'

Die minister van Indiensneming en Arbeid, Nomakhosazana Meth, sê haar departement het planne om werk in Suid-Afrika te skep, maar dat dit teen ʼn koste kom. Sy het die kostes verbonde aan die skep van werk in Suid-Afrika onder die Werkloosheidsversekeringsfonds se Arbeidsaktiveringsprogram uiteengesit. Die Arbeidsaktiveringsprogram is in April van stapel gestuur as ‘n opleiding- en entrepreneurskapsprogram om honderdduisende werksgeleenthede regoor die land te skep. Die program word oor die land se nege provinsies uitgerol. Die volledige program het ‘n begroting van R24-miljard en het ten doel om meer as R700 000 werksgeleenthede regdeur die land te skep. Dit kom teen ʼn koste van R34 000 per elke werksgeleentheid.








Comments