Plastiekafval op die seebodem word aangespreek
- Saamgestel deur Jana Roos

- Dec 24, 2025
- 1 min read
African Carbon and Commodities se kommunikasiedirekteur, Ahmed Mbaye, sê die maatskappy ontwikkel tans ‘n seebodem-skoonmaakprojek.
Mbaye het dit aangekondig tydens ‘n onderhoud voor die komende Africa Green Economy-beraad in Kaapstad in Februarie. Hy het onthul dat die projek fokus op mariene herstel.
Hy sê hulle werk saam met duikers en jongmense om plastiekafval, insluitend visnette en motorbande, van die seebodem te versamel vir herwinning.
Intussen sê die maatskappy se medestigter, Nicole Dewing, dat die maatskappy ook voorberei om ‘n nuwe plastiekkredietprojek in Senegal te loods.







Comments