top of page

PLUIMBAL: Die Suid-Afrikaanse o.17 Pluimbal-kampioenskappe is tans onderweg in Bloemfontein

  • Writer: Armando Pieters
    Armando Pieters
  • Oct 9
  • 1 min read

Die Suid-Afrikaanse o.17 Pluimbal-kampioenskappe wat tans by die Fichardtpark Sportklub in Bloemfontein plaasvind het ’n groot aantal jong spelers van regoor die land saamgebring.


12 Spanne en sowat 100 kinders wat aan die kompetisie deelneem het Woensdag met die Inter-provinsiale been van die kampioenskap afgehandel.


Die Vrystaat-span het hulself goed van hul taak gekwyt en derde in hul groep van 6 geëindig en uiteindelik die sewende plek algeheel behaal – ’n puik prestasie, veral met jong spelers soos Marlie Dednam wat net 9 jaar oud is.


Die toernooi was nie net ’n viering van talent en vaardigheid nie, maar ook ’n waardevolle geleentheid vir jong atlete om ervaring op nasionale vlak op te doen.


Die Individuele Ope toernooi het ook Woensdag begin waar individuele enkels, dubbels en gemengde dubbels gespeel gaan word.


FOTO: Alibaba
FOTO: Alibaba

Comments


bottom of page