top of page

POF-hoof beweer sy lewe is in gevaar

  • Writer: Armando Pieters
    Armando Pieters
  • Jun 18
  • 1 min read

Die geskorste uitvoerende hoof van die Padongelukfonds (POF), Collins Letsoalo, beweer sy “lewe is in gevaar” ná sy skorsing. Dit nadat sy private veiligheidsdiens as deel van sy skorsing opgeskort is.

Hy het die hooggeregshof op ʼn dringende basis genader om sy skorsing ter syde te stel.

Maroela Media berig Letsoalo is tydens ʼn spesiale vergadering op spesiale verlof geplaas en later geskors.

Die adjunkminister van vervoer, Mkhuleko Hlengwa, bevestig rede vir dié besluit was glo omdat Letsoalo geweier het om ʼn sitting van die staande komitee oor openbare rekeninge (Skoor) by te woon.

Sy skorsing hou verband met bewerings dat Letsoalo betrek word by ʼn huurkontrak van R79 miljoen wat na bewering op ʼn bedrieglike wyse goedgekeur is. Sy aansoek sal op 24 Junie aangehoor word.

 
 
 

Comments


bottom of page