POF-saak: ‘n Regter se maatskappy is ook nou ‘n beskuldigde
- Saamgestel deur Ilde Roos

- 6 days ago
- 1 min read
Die bedrogverhoor van ’n Vrystaatse regter wat van diefstal van meer as R1,3 miljoen aangekla word, het Dinsdag nog ’n kinkel gekry. Mpina Mathebula is in die beskuldigdebank in die streekhof in Kroonstad as verteenwoordiger van sy maatskappy gedagvaar.
Netwerk24 berig Die maatskappy, Uys Mathebula, waarvan hy alleendirekteur was, is as beskuldigde drie tot die verhoor gevoeg.
Die verhoor van Mathebula en Tswantso Phillemon Melato, sy medebeskuldigde, was veronderstel om in die streekhof te begin en was tot Vrydag op die hofrol geplaas. Die verhoor is egter tot 23 September uitgestel.
Die aanklagte spruit uit die beweerde onregmatige aanwending van geld wat deur die Padongelukfonds (POF) uitbetaal is. Dit was in die tyd toe Mathebula as prokureur gepraktiseer het voordat hy tot die regbank toegetree het.







Comments