Suikerboere eis groter steun vir hulle plaaslike produk

Suid-Afrikaanse suikerrietboere het kleinhandelaars en voedselvervaardigers skerp gekritiseer oor die gebruik van ingevoerde suiker terwyl ondernemings steeds beweer dat hulle plaaslike produkte ondersteun.
Voglens Maroela Media sê SA Canegrowers “plaaslik” behoort te beteken dat suiker in Suid-Afrika verbou én vervaardig is, en nie bloot dat ingevoerde suiker plaaslik verpak of versprei word nie.
Die organisasie doen ’n beroep op ondernemings om hul verbintenisse ingevolge die Suikerbedryf-meesterplan na te kom en voorkeur aan Suid-Afrikaanse suiker te gee.
Die bedryf het die afgelope maande onder toenemende druk van goedkoop invoere gekom. Volgens syfers van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens is bykans 95 000 ton suiker tussen Januarie en Mei vanjaar ingevoer, teenoor sowat 55 000 ton in dieselfde tydperk verlede jaar.
SA Canegrowers waarsku dat elke ton ingevoerde suiker plaaslike verkope verdring en verdere druk plaas op boere, meulens en landelike gemeenskappe wat van die bedryf afhanklik is.








header.all-comments