Pogings om geweld teen kinders te beëindig, sal voortduur
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Jun 5, 2025
- 1 min read
Terwyl Suid-Afrikaners vandag die laaste dag van die Nasionale Kinderbeskermingsweek herdenk sê owerhede bewusmaking en pogings om geweld teen kinders te beëindig, sal voortduur. Tientalle mense het 'n gemeenskapsbetrokkenheidsessie met regeringsbelanghebbendes in bygewoon. Hulle doen 'n beroep op gemeenskappe, die burgerlike samelewing en geloofsgebaseerde organisasies om te help om alle kinders te beskerm. Intussen het die Ministerie van Vroue, Jeug en Persone met Gestremdhede gesê die regte van die kind is van die allergrootste belang en moet beskerm word. Dit aangesien die aantal Suid-Afrikaanse kinders wat deur geweld geraak word hoër as die wêreldgemiddelde is.







Comments