top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Pogings verskerp om SA van finansiële-gryslys te verwyder

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Sep 6, 2024
1 min read

Die kabinet bly daartoe verbind om hul pogings te verskerp om die land te help om van die Finansiële Aksie-taakmag se gryslys af te kom. Dit is volgens die waarnemende minister in die Presidensie, Maropene Ramokgopa. Suid-Afrika was verlede jaar weens, onder andere, tekortkominge in die land se anti-geldwasserystelsels op die gryslys geplaas. Ramokgopa sê die land het aansienlike vordering gemaak om hierdie kwessies aan te spreek in vergelyking met goed ontwikkelde lande soos die Verenigde State.

 
 
 

Comments


bottom of page