Poliovirusse is in Kaapstad se afvalwater opgespoor
- Saamgestel deur Ilde Roos

- 4 days ago
- 1 min read
Die Departement van Gesondheid sê twee verskillende poliovirusstamme is in afvalwatermonsters van ‘n Kaapstadse behandelingsaanleg tydens roetinemonitering opgespoor.
Amptenare beklemtoon dat geen menslike gevalle gevind is nie en dat daar geen uitbreking is nie.
Die departement sê die opsporings is gekoppel aan entstofverwante stamme, waarskynlik ingevoer van lande wat verskillende entstowwe as Suid-Afrika gebruik.
Gesondheidsowerhede het toesig en afvalwatertoetsing as ‘n voorsorgmaatreël verhoog.
Die departement se woordvoerder, Foster Mohale, sê die publiek word aangespoor om te verseker dat inentings op datum is en om enige vermoedelike poliosimptome aan gesondheidsorgverskaffers te rapporteer.
LUISTER HIER:








Comments