top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Polisie-hoës vir beweerde korrupsie in hegtenis

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Jun 27, 2025
1 min read

Die kommissaris van die polisie se eenheid vir misdaadintelligensie, Dumisani Khumalo, is in hegtenis geneem.

Volgens verskeie mediaberigte hou die inhegtenisneming glo verband met beweerde korrupsie.

Khumalo is een van verskeie grootbase in die polisie wat die afgelope ruk hiervoor in hegtenis geneem is, onder andere die vroeëre inhegtenisneming van die finansiële hoof van die misdaadintelligensie-eenheid, Philani Lushaba.

Maroela Media berig voorts die voorsitter van die parlementêre portefeuljekomitee oor polisie, Ian Cameron, het die inhegtenisnemings verwelkom, maar terselfdertyd gesê dit dui op ʼn ernstig gekompromitteerde instelling wat diep in kriminele aktiwiteite gewortel is.

Hy sê misdaadintelligensie is ʼn kritieke komponent in die stryd teen misdaad, en die feit dat soveel van sy leiers in hegtenis geneem en aangekla is van ernstige misdade, ondermyn sy vermoë om sy mandaat uit te voer.

Cameron het weer eens ʼn beroep gedoen vir gereelde ampgeskiktheid- en leefstyloudits.

 
 
 

Comments


bottom of page