top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Polisie maan ouers om boelies te rapporteer

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Feb 10, 2025
1 min read

Die polisie moedig ouers aan om kriminele sake oop te maak wanneer hul kinders by skole geboelie word. Eyewitness News berig ʼn video wat op sosiale media versprei is, het verontwaardiging ontlok nadat dit gewys het hoe ʼn groep leerders van Lotus High School, insluitend seuns, ʼn skoolmeisie aanval. Die Wes-Kaapse Onderwysdepartement het bevestig dat die betrokke leerders geskors is en dissiplinêre stappe volg. Vier seuns is reeds in hegtenis geneem, terwyl die polisie nog na meisies soek. Die Wes-Kaapse polisiekommissaris, Thembisile Patekile, het gesê die Men's Parliament-struktuur beoog om seuns by konferensies in te sluit om hulle te help om beter mans te word.

 
 
 

Comments


bottom of page