top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Polisie neem R50 miljoen se dwelms in beslag

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Mar 26, 2025
  • 1 min read

’n Belangrike R50 miljoen deurbraak in die stryd teen dwelmhandel is gemaak tydens ’n gesamentlike operasie tussen die polisie in die Vrystaat, Wes-Kaap, Oos-Kaap en Noord-Kaap. Volgens ’n polisieverklaring is gekristalliseerde metamfetamien ter waarde van R50 miljoen binne 24 uur gekonfiskeer. Die Gautengse eienaar en bestuurder van die vragmotor is Dinsdag in hegtenis geneem en sal in die Aliwal-Noord-landdroshof verskyn. ’n Polisiewoordvoerder, kaptein Loraine Earle, sê beamptes het die verdagte se vragmotor op ’n brug tussen Smithfield en Aliwal-Noord onderskep. LUISTER HIER:

 
 
 

Comments


bottom of page