top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Polisie ondersoek moord na ’n voorval in Willows

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Mar 3, 2025
  • 1 min read

Die polisie in Bloemfontein het ’n 22-jarige man in hegtenis geneem ná ’n beweerde moord. Luidens ’n mediaverklaring was die polisie Sondag na Ella-straat in die Willows-omgewing ontbied ná ’n beweerde stekery. Die liggaam van ’n jong man met veelvuldige steekwonde is gevind. Nooddienspersoneel het hom op die toneel dood verklaar. ’n Voorlopige ondersoek het getoon ’n 22-jarige verdagte is per private voertuig hospitaal toe geneem. Hy is in hegtenis geneem en onder polisiebewaring geplaas terwyl hy behandeling ontvang. Hy sal in die hof verskyn sodra hy ontslaan word.

 
 
 

Comments


bottom of page