Polisie ondersoek 'n dubbele moord by 'n Vrystaatse grenspos
- Ilde Roos

- 6 days ago
- 1 min read
Die polisie in die Vrystaat ondersoek ‘n saak van dubbele moord en poging tot moord na ‘n noodlottige skietvoorval by die Ficksburg-grenspos-taxistaanplek.
Die slagoffers is na bewering deur twee onbekende mans genader. Die verdagtes het aanvanklik met die slagoffers gepraat en gevra oor taxi’s na verskeie bestemmings.
Die situasie het geëskaleer toe een van die verdagtes na bewering vir ‘n sigaret en toe geld gevra het.
Terwyl die slagoffer besig was om die kantoordeur te sluit, het hy skote gehoor. Hy het uitgekyk en gesien hoe een verdagte sy twee kollegas skiet voordat hy hom ook op die linkerbobeen geskiet het.






Comments