Polisie ontbloot ’n voedselverskaffingsnetwerk vir zama zamas
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Apr 3
- 1 min read
’n Gesamentlike span van die Suid-Afrikaanse Polisiediens en die Nasionale Weermag het ’n toneel in die Vrystaat ondersoek waar voedsel, bestem vir onwettige ondergrondse mynwerkers, gevind is. Luidens ’n polisieverklaring het hulle inligting ontvang oor verdagte aktiwiteite op Thusana Trust, ’n plaas naby Theunissen. ’n Operasie is uitgevoer, en ses verdagtes — drie mans en drie vroue — is in hegtenis geneem terwyl hulle besig was om voedsel in te pak. Daar is 2 500 blikkies energiedrankies, 2 600 blikkies gekookte vleis en ander voedselitems gevind. Na die huis deursoek is, het hulle op ’n gevorderde kamerastelsel afgekom wat die huis gemonitor het. ’n Saak vir sameswering om onwettige mynbou te pleeg, is by die Theunissen Polisiestasie geopen.





Comments