top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Polisie-selfmoorde is kommerwekkend

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Feb 19, 2025
1 min read

Die gesondheid en welstand van werknemers binne die Suid-Afrikaanse Polisiemag is 'n rede tot kommer. Dit aangesien statistieke, volgens eNCA, toon dat meer as 300 polisiebeamptes die afgelope sewe jaar hul eie lewe geneem het. Lede sê hulle is oorwerk, en daar word nie voldoende ondersteuning aan hulle gegee nie. Polisie unie POPCRU se Richard Mamabolo sê alhoewel die polisie bewus is van die kwessies waarmee die polisie te kampe het - en ondersteuningseenhede gestig het om te konsulteer - gaan hierdie dienste met uitdagings gepaard. Mamabolo sê die dienste is nie geredelik beskikbaar nie en vertroulikheid is ook ‘n kwessie.

 
 
 

Comments


bottom of page