top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Polisie slaan toe op Clocolan-misdaadverdagtes

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Jan 2, 2025
1 min read

Die Maseru Grenspos-polisie het drie verdagtes in Clocolan in hegtenis geneem vir die besit van 'n ongelisensieerde vuurwapen, ammunisie en vermoedelik gesteelde eiendom. Volgens ’n polisiemediaverklaring het Maseru Grenspos-polisie inligting gedeel dat 'n verdagte in Clocolan moontlik 'n ongelisensieerde vuurwapen besit. Die inligting het die polisie na ’n huis in Uitbreiding 6 gelei. Binne die huis is drie verdagtes aangetref. Ná ’n soektog is op ’n 9mm-pistool sonder ’n reeksnommer, ’n magasyn en drie patrone beslag gelê. ‘n Totaal van 25 selfone en ses bankkaarte is ook gevind. Al die items is as bewysstukke gekonfiskeer. Die verdagtes is in hegtenis geneem en aangekla.

 
 
 

Comments


bottom of page