top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Polisie soek 16-jarige wat baba by Bloem-hospitaal agterlaat

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Nov 18, 2024
1 min read

'n Baba is in een van die leë kamers van 'n hospitaal in Bloemfontein agtergelaat. Volgens ‘n polisieverklaring het 'n maatskaplike werker deur die hospitaal gestap toe sy die verlate pasgebore baba seun in een van die leë kamers ontdek. Dit is later vasgestel dat die baba aan ’n 16-jarige ma behoort, wat geboorte gegee het en dieselfde dag ontslaan is. Mangaung Polisie is na die toneel ontbied, en ’n saak van kinderverwaarlosing is oopgemaak vir verdere ondersoek.

 
 
 

Comments


bottom of page