top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Polisie soek hulp met vermiste Bloemfontein-meisies

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Feb 3, 2025
1 min read

Die Suid-Afrikaanse Polisiediens in Parkweg vra die publiek se hulp om twee vermiste tieners van Bloemfontein, Mary-Ann Nel (17) en Motswaki Cebe (15), op te spoor. Luidens polisieverklarings is Nel laas op 17 Januarie 2025 in die Willows-omgewing in Bloemfontein gesien en op 29 Januarie by die Parkweg-polisiestasie as vermis aangemeld. Cebe is laas op 20 Desember 2024 in dieselfde omgewing gesien en ook op 29 Januarie as vermis aangemeld. Dit is onbekend wat hulle laas aangehad het. Enigeen met inligting kan speurder-sersant Thapelo Teleko kontak, of ’n anonieme wenk via die MySAPS-toepassing indien. Vermoedelik Gevind: Sosiale media berig Mary-ann Nel is vermoedelik veilig gevind in Wilgehof area.

 
 
 

Comments


bottom of page