Polisie spandeer meer as R130-miljoen aan siekverlof

Die Suid-Afrikaanse polisiediens het in een boekjaar meer as R130-miljoen van openbare fondse aan salarisse van meer as 600 polisiebeamptes, wat op siekteverlof van langer as ses maande is, spandeer. Die onthulling deur die minister van polisie, Senzo Mchunu, volg op ‘n parlementêre vraag van DA-LP en partywoordvoerder, Lisa Schickerling. Volgens Mchunu was daar in die 2023/24 boekjaar 618 polisiebeamptes landswyd met betaalde siekteverlof vir tydperk van meer as ses maande, en het hulle salarisse R131 585 808,09 beloop. Intussen het Schickerling Sondag in ‘n verklaring hierdie uitgawe as ‘n “skokkende misbruik van openbare fondse” beskryf. Volgens Netwerk24 het Schickerling verder die gesê die DA eis dat ‘n onmiddelike en volledige onafhanklike oudit oor die growwe wanbestuur van staatsfondse gedoen word.








Comments