Polisie takel misdaad in Heidedal
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- 2 hours ago
- 1 min read
Polisie het hul sigbaarheid in Heidedal in die Mangaung Metro Munisipaliteit verhoog met ’n geïntegreerde misdaadvoorkomingsoperasie.
Beamptes het voetpatrollies by Twin City Mall uitgevoer, asook ’n voertuigkontrolepunt op Dr Belcherweg naby die ou Ramkraal-korrektiewe fasiliteit opgestel.
Die operasie het gefokus op die voorkoming van onder meer rooftogte, OTM-misdade, diefstal, dwelmhandel en onwettige vuurwapens, asook die toepassing van die Padverkeers- en Immigrasiewette.
Volgens Vrystaatse polisiewoordvoerder, luitenant-kolonel Thabo Covane, is twee ongedokumenteerde persone in hegtenis geneem en ses verkeersboetes is uitgereik.
Hy voeg by soortgelyke hoësigbaarheidsoperasies sal voortgaan in geïdentifiseerde brandpuntgebiede regoor die provinsie.








Comments