top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Polisie trek onwettige goudkoper vas

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Mar 7, 2025
1 min read

Die polisie in die Vrystaat het ’n beweerde onwettige goudkoper in Welkom in hegtenis geneem. Newskoop berig die 47-jarige verdagte is Donderdag in hegtenis geneem vir die onwettige besit van goud. Dit kom nadat die polisie op ‘n wenk gereageer het en ‘n adres in Thabong Uitbreiding 4 deursoek het, waar onwettige mynbedrywighede plaasvind. Hulle het 10 gouddraende klontjies en 10-duisend rand kontant in ‘n kluis gevind. ‘n Polisiewoordvoerder, luitenant-kolonel Thabo Covane, sê die verdagte sal binnekort in die Welkom-landdroshof verskyn.

 
 
 

Comments


bottom of page