top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Polisie vernietig vandag dwelms ter waarde van miljoene

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Aug 21, 2025
1 min read

Die nasionale polisiekommissaris, generaal Fannie Masemola, hou Donderdag toesig oor die vernietiging van dwelms en ongeregistreerde medisyne ter waarde van meer as R400 miljoen.

Masemola het die media toegespreek voor die vernietiging van dwelms by ‘n onbekende gebied.

Kokaïen, heroïen en mandrax wat aan hoëprofielsake gekoppel is, sal in rook opgaan te midde van voortdurende pogings om die dwelmhandel in die land te bekamp.

Masemola sê dit dra by tot dwelms ter waarde van vyf-komma-drie miljard rand wat oor die afgelope drie jaar vernietig is.

LUISTER:

 
 
 

Comments


bottom of page