top of page

Polisie vind miljoene rand se gesteelde kruideniersware terug

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • Oct 27
  • 1 min read

Die polisie in die Vrystaat het ‘n verdagte vragmotor op die N1 onderskep. Die bestuurder kon nie ‘n faktuur vir die vrag of die vragmotor toon nie.


Die eienaar van die vragmotor is gekontak, en hy het bevestig dat die vrag aan hom behoort, maar dit was nie sy vragmotor se kop nie. Die 31-jarige verdagte is toe in hegtenis geneem en aangekla van die besit van vermoedelik gesteelde eiendom.


‘n Vrag gemengde kruideniersware ter waarde van ongeveer R2 miljoen is teruggevind.


Die span het toe die Kroonstad-snelwegpatrollie gewaarsku om op die uitkyk te wees vir ‘n Volvo-vragmotorkop, en die vragmotorkop wat aan die beskrywing voldoen, is met twee insittendes gesien.


Die drie verdagtes sal binnekort in die Kroonstad- en Parys-landdroshof verskyn op aanklagte van die besit van vermoedelik gesteelde eiendom.


Ter illustrasie. FOTO: Pexels
Ter illustrasie. FOTO: Pexels

 
 
 

Comments


bottom of page