top of page

Polisie vra spekulasie oor kommissaris-inhegtenisname moet staak

  • Writer: Armando Pieters
    Armando Pieters
  • Jun 30
  • 1 min read

Die minister van polisie, Senzo Mchunu, vra dat spekulasie oor die moontlike inhegtenisname van die nasionale polisiekommissaris, Fannie Masemola, moet staak. Dit kom ná gerugte dat Masemola inhegtenisname in die gesig staar weens die onreëlmatige aankoop van geboue vir misdaad-intelligensie van meer as R120 miljoen. IOL berig polisiewoordvoerder Kamogelo Mogotsi sê hulle is nie bewus van enige beplande inhegtenisname nie. Voorts het die Nasionale Vervolgingsgesag ook bevestig hulle is nie van voorneme om Masemola te arresteer nie. Mogotsi pleit by die media om nie te spekuleer nie, aangesien dit die werk van die polisie kan destabiliseer.

 
 
 

Comments


bottom of page