Polisie vra vir geduld rakende Martie du Plessis-leerling ondersoek
- Armando Pieters

- Jun 16
- 1 min read
Die Vrystaatse polisie vra vir geduld van die media en die publiek terwyl hulle die ontvoering van Kamogelo Baukudi ondersoek. Die 19-jarige Baukudi is na bewering verlede Donderdag deur twee mans ontvoer. Tot dusver is ‘n 42-jarige polisiebeampte in hegtenis geneem. SABC-nuus berig van die nuutse inligting is die Vrystaatse polisiewoordvoerder, Motantsi Makhele, wat sê hulle verwag om nog mense in hegtenis te neem. Makhele sê dit kan tot voordeel van die ontvoerders wees, indien meer inligting oor die ondersoek bekend gemaak word. Rosestad-nuus het vroeër berig verdagtes in die beweerde ontvoering van die Martie du Plessis Skool-leerling het glo 'n losprys van Baukudi se ma vir sy veilige terugkeer geëis. FS Online berig gevolglik is 'n aanklag van afpersing nou by die saak teen die polisiebeampte gevoeg.





Comments